Hier volg my
drie-punt-plan teen Depressie. Dis nie dogmaties korrek of ‘Skrif-gefundeer’
nie maar dit werk nogals vir my. Ek sou net by die leser ‘n bewustheid wou laat
posvat van die Here te getrouheid om jou wonderlik persoonlik en uniek by te staan in jou eie worstelinge met jou eie doring in die vlees.
Ek loop al lang jare met die doring van Depressie wat sweer in my vlees.Die Here hou my afhanklik van Hom daardeur. Ek het ‘stiltetyd’ met die Here nodig soos stapelvoedsel. Wanneer ek my tyd saam met Hom afskeep vind ek dat ek verward ronddwaal deur my dae asof vasgevang in ‘n slegte droom.Depressie is ‘n doring, ‘n vleeswond. Dit laat my telkens teruggaan na die Vader vir genesing van die sweer . Al laat Hy die doring toe om te bly. Sy genade vir my is genoeg.
(1) Ek maak vrede met Depressie se teenwoordigheid in my lewe
Ek het vrede
gemaak met hierdie swart hond, Depressie. Ek het ‘n wonderlike beeld iewers
gelees en dit vir myself aangepas. Dit help wanneer die hond wil inkom.Ek doen
dit so:
Laat die swart hond wat kerm by jou agterdeur maar inkom .Erken sy teenwoordigheid met ‘n kil stil kyk. Beveel hom om te sit in die hoek.Gaan
jy aan met jou dagtaak sonder om hom enigsins verder aandag te gee. Wat jy ook al doen, moet nie met hom gesels of hom voer nie ! Hy sal wel verveeld raak omdat jy jou dagtaak aandag gee en nie vir hom nie. So sal hy maar self uitgaan sonder dat jy jou vermoei het.
Make it your ambition to lead a quiet life, to mind your
own business and to work with your hands, just as we told you, so that your
daily life may win the respect of outsiders and so that you will not be
dependent on anybody.
1Thes 4:11-12
Die Here het mense gemaak, wonderbaarlik. Nie net van verskillende
voorkomste ,nasies en tale nie maar ook met verskillende persoonlikheidstipes
talente en gawes.As kinders van die Lig is ons die kerk van die Here Jesus Christus. Die paradoks is dat die kerk terselfdertyd ‘n rigiede gebou maar ook ‘n soepel lewende liggaam is.
In die liggaam kry ons oa. tone en oё en hande en ‘n hart.Ons kry swakker
dele wat onnodig lyk en selfs onbetaamlike dele wat ons beklee sodat hulle meer
fatsoenlik voorkom. Daar is egter net een hoof( Efesiers 1:22-23)
Ons liggaam huisves die siel. Ook ons sielsdimensie se eienskappe(wil , emosie en intellek) verskil van mens tot mens.Dit verbaas dan nie nie dat wetenskaplikes
verskillende persoonlikheidstipes in ons psiges geidentifiseer het nie. Ons het
elkeen ‘n geneigdheid tot ‘n sekere tipe. Nie dat die Here ‘n aansiener van persoon
is nie, Hy het ons dan elkeen Self gemaak. Gemaak om deur ons verskillende persoonlikhede Sy Glorie verskillend te reflekteer soos ‘n edelsteen maak wanneer lig daarop val.
The Lord their God will save them on that day as the flock
of His people.They will sparkle in His land like jewels in a crown. How
attractive and beautiful they will be !
Zechariah 9:16-17a
Die verstandiges sal glinster soos die glans van die
uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei soos die sterrre vir ewig en
altoos. Daniel 12: 3
(2) My persoonlikheidstipe is meer geneig tot depressie
Groot was my verligting en vrede die dag toe ek ontdek ek nie ‘abnormaal’ of lei aan ‘n geestesafwyking nie.Ek is bloot ‘n HSP. ‘n “Highly Sensitive Person” is ‘n
persoonlikheidstipe wat deur die WHO erken word . Dit word verteenwoordigend van 20% van die wereldbevolking aangegee.*
*http://en.wikipedia.org/wiki/Highly_sensitive_person
Uit die sterkte van hierdie kennis kan ek my kop optel en leef met die versekering dat die Here selfs met die “Kruidjie-roer-my-nie” persoonlikheidstipe ‘n plan het. Ek kan my lewe in oorvloed leef selfs al sit Depressie hokgeslaan in die hoek van die kombuis. My oorwinning is in die Een wie my met my persoonlikheidstipe geskape het, Wie van my gesê het “Dit is goed”. Ek is deur Hom tot alles in staat.
Ek loof U omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaarlik
is U werke ! En my siel weet dit al te goed.
Psalm 139:14
Plan (1) en Plan (2) werk goed maar daar kom dae wat ek struikel oor die hond se stert. Gister was so ‘n dag. Ek het huistoe gekom na werk , die kinders by die huis afgelaai na skool en is gou Mall toe vir ‘n paar sake. Gedreineerd en met ‘n hewige hoofpyn strompel ek na die tyd tot by my bed . Ek gryp na ‘n boek en ‘n geliefkoosde Kit-Kat wat ek vir myself gekoop het om my ‘op te kikker’ .Ek moέt net ‘n paar bladsye lees dan sal ek opstaan en aangaan met die dag.
So lees ek die volgende in Steven James se “Sailing between stars” :
Like a number of people I know, I’ve struggled at certain times of my life with depression.I Wish I could actually explain how rough it can be, but it’s tough to put it in words. Stuff you used to do becomes merely endurable. Just carrying on everyday conversations with people wear you out. Food doesn’t taste good. Even the things you really enjoy – chicken cordon bleu and Kit Kat bars and big juicy,
char-grilled medium-rare cheese burgers –taste like paste.
My gemoed skiet vol toe ek daai woorde in hierdie Amerikaanse skrywer se boek lees: Kit Kat bars !
Hoe kon hy weet ek lê op daai oomblik hier in Afrika op my bed en eet aan my eie Kit Kat bar ?!
Nou wie dan ? Wie kyk vir my asof ek in ‘n “ Reality TV Show “ is ?
Dit kan net die Here wees ! Vang Hy my uit waar ek van die wêreld probeer skuil op my bed met die hoop dat ‘n Kit Kat my die krag sal gee om op te staan en aan te gaan.
(3) God is intens bewus van elke keer se Depressie besoek.
Hoe onverwags bemoedig die Here my nie deur hierdie Kit Kat insident nie.
Ai, ek het nie woorde. Hy is Big Brother en Hy is Vader en Hy is Gees . Alomteenwoordig. Hy kry verslag oor elke haar wat van my kop afval.
Hy kry verslag oor elke Depressie besoek. Hy is bewus van my elke
asemteug, hoeveel te meer van elke struikelblok en doring-steek ? Meer as 365
keer se Hy vir my in die Woord:”Moenie vrees nie “Niks en niemand sal my uit Sy hand ruk nie.
Ek sal nooit weer ‘n Kit Kat kan eet sonder om bewus te wees van Sy teenwoordige
liefde in my lewe nie.
Hierdie is my een-twee-drie raad met Depressie. Dis dalk banaal prakties maar werk vir my.Die Here loop so saggies en getrou met my die pad.Ek kom telkens anderkant uit waar ek weer saam met die ander dele van die liggaam kan jubel en juig wanneer
ek die mantel van vreugde uitspattig rooi oor my skouers gooi met ‘n Halleluja !
And provide to those who grieve in Zion
To bestow on them a crown of beauty
instead of ashes.The oil of gladness instead of mourning
And a garment of praise instead of a spirit of despair
Isaiah 63:3
Post new comment