Skip navigation.
and we are working TOGETHER so that MANY MORE can "Praise God"

Skitter's blog

GAAN NA DIE GEITJIE….EN WORD WYS

GeitjieDie kinders lees “Mister God, this is Anna” (Skrywer is Fynn) soggens in die kar oppad skool toe. Ek lees vooruit om voorbereid te wees op grootoog vrae wat kan voortspruit .(Daars ‘n hoofstuk oor seks wat ons nie gaan saamlees nie)

Maggies maar hierdie 6-jarige Anna laat my brein biggel ! Ek voel of ek op ‘n weghol trein ry teen die spoed van lig. Anna soek en sien en vind God in alles. Sy beskou ‘n ding uit alle perspektiewe , vra vrae, tob daaroor en dan kom sy met die antwoorde . . . Read More ... >>>

DEPRESSIE: 1- 2- 3 - Punt Plan daarteen

Depressie 1-2-3-Punt planHier volg my
drie-punt-plan teen Depressie. Dis nie dogmaties korrek of ‘Skrif-gefundeer’
nie maar dit werk nogals vir my. Ek sou net by die leser ‘n bewustheid wou laat
posvat van die Here te getrouheid om jou wonderlik persoonlik en uniek  by te staan in jou eie worstelinge met jou eie doring in die vlees.

Ek loop al lang jare met die doring van  Depressie wat sweer in my vlees.Die Here hou my afhanklik van Hom daardeur. Ek het ‘stiltetyd’ met die Here nodig soos stapelvoedsel. Wanneer ek my tyd saam met Hom afskeep vind ek dat ek verward ronddwaal deur my dae asof vasgevang  in ‘n slegte droom.Depressie is ‘n doring, ‘n  vleeswond. Dit laat my telkens teruggaan na die Vader vir genesing van die sweer . Al laat Hy die doring toe om te bly. Sy genade vir my is genoeg.

(1) Ek maak vrede met Depressie se teenwoordigheid in my lewe

. . . Read More ... >>>

Mene Mene Tekel Parsin ('n gedig vir Paastyd )

Gedig vir PaastydMene Mene Tekel Peres ¹

Skryf die hand

“Wat beteken dit ? “

Vra die goddelose koning

 beker van God minagtend in sy hand

 

Eli Eli lama sabagtani ! ²

Roep die Seun van God aan die kruis

“Hierdie beker is uit U hand” ³ . . . Read More ... >>>

DIE SKAAPWAGTER

Die Skaapwagter

 

Waar’s die wagter ?

. . . Read More ... >>>

WISKUNDE TOETS

WISKUNDE TOETS

 

Gegewe die volgende inligting , bereken A,B en C. Toon alle berekeninge

Punte toekenning:  Vir alle getoonde berekeninge.

 Vraag  (C.) is ‘n insigvraag vir die onderskeidingskandidaat

. . . Read More ... >>>

BALLE VAN GLAS

Ons Verhoudings is soos Balle van GlasEk het gister my laaste dag vir die jaar gewerk. Ek en ‘n kollega raak aan die gesels oor haar ‘ 5-jaar-plan’ .Sy het ‘n splinternuwe baba dogtertjie en haar prioriteite het verskuif. Sy gaan koeie aanskaf, bietjie –vir-bietjie sodat sy uiteindelik by daai plek in die lewe uit te kom waar sy maksimum kan investeer in die belangrikste verhoudinge in haar lewe. Dis musiek in my ore ! Wonderlik wanneer iemand tot die gewaarwording  kom van die prioriteit van verhoudinge.

Intussen vra ‘n ander vriendin vir ernstige gebed: Sy word lelik behandel  by haar werksplek, gedryg en gedruk van alle kante. Aanvanklik kan ek nie sien waaroor sy stres nie, want eintlik het sy die hef in die hand om haar werk te behou.Maar vanmore besef ek : Sy is ‘n verhoudingsmens, die stres gaan nie soseer oor werk behou of nie, dit gaan  oor die gebroke en beskadigde verhoudinge.

‘n Vriend se onderdrukte seer van skooljare steek kop uit by ‘n braai. ‘n Onderwyser  het hom toegesnou dat hy nog eendag in die tronk sal beland.Hoe is dit moontlik dat iets  so lank terug gesê,  ‘n volwasse, suksesvolle man  nog so seer kan maak ? . . . Read More ... >>>

Mos in die Druiwetros

Ons is bly   want Hy maak my blyEk druk,stoot en kap ‘n pad oop na my tuisdorp deur huis-en-kindersverpligtinge op vriendinne en manlief af te skuif.Ek gaan, vir die eerste keer in  17 jaar van getroude lewe, vir ‘n week alleen weg.Ek gaan Mam help pak. Haar huis is verkoop, Hallejula ! Nou lê die opgaarsels so dik soos ‘n Famlie Bybel  en wag vir ons. Die memoirs versteek in elke kas en laai en rak is kosbaar want dis immers 3 generasies se lewensgetuienis. Elke keer as ek Mam bel  is sy besig om in die tuin te werk; haar ontvlugting van die pakwerk. Dus gaan ek so bietjie aanwakker.

So ry ek die langpad want die kortpad is onbegaanbaar vanweë padwerke wat halfpad tot stilstand gekom het oor ‘n bakleiery tussen die kontrakteurs en die Provinsiale regering. Ek maak my boksie Smarties en blikkie Ystee oop . . . Read More ... >>>

ET Angus Sprinkaanleiers en die Boerevolk

Boervolk LeiersIn die wildernis van Afrika ,

Maak God ‘n ‘Highway’

‘n snelweg sonder slaggate

Wat ons neem tot by ‘n kerk

Die saamstaan van SA Gelowiges

Waar Sy Glorie en Teenwoordigheid

vir die hele mensdom sigbaar sal wees

 

Klink dit   onwaarskynlik  ?

Ja, onwaarskynlik vir ‘n mens

maar  by God is alles moontlik . . . Read More ... >>>

Gisteraand se braai...

Gisteraand se BraaiGisteraand se braai

 

 Ek gee nie om hoeveel Midmar myle jy geswem het

Hoeveel Settler’s Estate wynplase jy bedrink het

Hoeveel 2-Oceans jy gedraf

En sakke sout of mieliemeel jy deur die Lions geskenk het

 

Lankmoedig het ek  heelaand geluister

Nie ‘n woord  geuiter . . . Read More ... >>>

Liewe vriendin, briefie vir hierdie tyd van die jaar..

Dis Kersfees tyd,  daai tyd van die jaar wat  almal moeg voortploeg. . . . Read More ... >>>

Adultery

Flirting and AdulteryI Have this burden on my heart to share some thoughts on a thorny matter.

If I have to give this ‘matter’ a title, it will have to be long title like William Wilberforce’s book:A Practical view of the prevailing religion system of professed Christians in the higher and middle classes in this country, contrasted with Real Christianity’.   My title will be the following: 

A code of conduct as a helpful aid in protecting Real Christians from the sin of adultery / emotional adultery / marital unfaithfulness and other smaller not-easily recognizable sins relating to Real Christian Marriages and  Friendships.

The essence of this matter I cannot put in better words than those of Frank Peretti  in the introduction to his book, ‘The Oath’

Sin is the monster we love to deny. . . . Read More ... >>>

Syndicate content